Ons is trots op ons maatskappy enpassievol oor ongeëwenaarde diens

Perdigon is ʼn kommoditeitshandelsmaatskappy wat spesialiseer in die bestuur van die volle verskaffingsketting tussen die produsent en prosesseerder.

By Perdigon koester ons langtermyn persoonlike verhoudings wat oor jare opgebou word omdat dit ewigheidswaarde aan alle rolspelers verskaf. Ons spesialiste het die individualiteit en vaardighede om aan ons kliënte sespesifieke behoeftes te voldoen.

Jou reis saam met ons sal jou al die voordele van een van Suid-Afrika se voorste kommoditeitshandelsgroepe bied. Terwyl jy op die kern van jou besigheid fokus, hetsy die boerdery of die meulbedryf, Perdigon sal die uitdagings van die verskaffingsketting hanteer.

Kommoditeite & Produk Omvang

SAFEX Kommoditeite

Neweprodukte van Meulbedryf

Oliesaadbreker Proteïenprodukte

Voorwaartse Kontrakkommoditeite

ONS STORIE

Perdigon is ʼn volfiliaal van Marbelshore (Pty) Ltd. Die stigters van Perdigon het lang en roemryke loopbane in die graanindustrie, nog voor die dae van die vryemark. Hulle het voor Perdigon besonder suksesvolle besighede begin, ʼn tradisie wat voortgesit word. Perdigon is goed-gekapitaliseerde besigheid en bied produsente en prosesseerders gemoedsrus, in goeie en slegte tye. Terselfdertyd is die besigheid klein en flink genoeg om persoonlike diens te lewer en vinnig te reageer op veranderende markte en omstandighede.

ONS NAAM

Perdigon is vernoem na die beroemde Spaanse Miura-bul, ʼn huishoudelike naam in Spanje sedert die laat 1800’s. Hierdie bul het een van die grootste matadors van sy generasie, Manuel ‘Espatero” Garcia, verslaan, wat hom ʼn permanente plek in die Plaza-museum in Madrid besorg het.

Sy bloedlyn verpersoonlik krag, behendigheid,
intelligensie en individualisme – die kwaliteite van ons maatskappy.

Hoekom Perdigon?
By Perdigon fokus ons op kwaliteit diens en kundige bestuur van die hele verskaffingsketting. Ons verstaan die kompleksiteite van die kommoditeitshandelsmark en ons verbind ons tot waardetoevoeging vir alle rolspelers. Jy kan Perdigon vertrou met jou behoeftes en doelstellings – dit is ook ons sʼn.

Site designed by Bad Weather Media

© 2024 Perdigon. All Rights Reserved.