ONS FILOSOFIE IS EENVOUDIG: OMRING JOU MET DIE BESTE MENSE EN JY
SAL FLOREER
Direksie
Die direksie spog met kundiges in kommoditeitshandel, logistiek, kwaliteitbeheer,
kontrakbestuur, rekeningkunde en finansies, stelselontwerp en navorsing.
Joe is die besturende direkteur van Perdigon. Hy het in 1998 as landbou-ekonoom begin en is sedert 2001 aktief betrokke by die verhandeling van graan. Sy fokus en bydrae by Perdigon is om alle betrokke partye na waarde te ag en kosbare verhoudings te bou. Joe is deel van die handelspan.
BSc Agric
Nadat Kevin as Geoktrooieerde Rekenmeester gekwalifiseer het, het hy tydens sy loopbaan as stelselontleder en sagteware-ontwikkelaar IT-stelsels vir verskeie industrieë ontwerp en implementeer. Hy het in 2010 in die graanbedryf begin en bestuur die finansiële en IT-funksies van Perdigon.
B.Com. (Rekeningkunde/ouditering)
Dieter het op ʼn plaas grootgeword en het ʼn liefde vir landbou. Hy het in 2010 by ʼn graanmaatskappy as ʼn verhoudingsbestuurder begin werk. Vanaf 2011 is hy aktief betrokke by die verhandeling van graan en fokus veral op oliesaad en koring. Hy het in 2018 by Perdigon aangesluit, waar hy fokus op gestruktureerde handel en waarde vir die verskaffer sowel as die verbruiker bied.
B.Com. (Ekonomie en internasionale handel)
Ons Span
Ons span spog met kundigheid in kommoditeitshandel, logistiek, kwaliteitbeheer,
kontrakbestuur, rekeningkunde en finansies.